Netwerk 24 | De Zwartland Voorhuis In Hartjie Van Swartland
19 November 2022
Die eiendomsontwikkelaars Devmark Property Group het pas die woonstelontwikkeling De Zwartland Voorhuis in Malmesbury bekend gestel. Hierdie ontwikkeling vorm deel van De Zwartland Werf, hul ontwikkelingsprojek met gemengde gebruik by die Swartlandse dorp. Die ontwikkelingswaarde van De Zwartland Werf beloop R650 miljoen. Hierdie ontwikkeling le op die noordelike grens van Malmesbury, langs die N7pad en Voortrekkerweg. Volgens Devmark gaan De Zwartland Werf oor verskeie geriewe beskik wat dit uiters gerieflik vir inwoners sal maak. Dit sluit onder meer ‘n inkopiesentrum in met 50 winkels, restaurante, vermaakgeriewe sowel as ‘n Toyotamotorskoukamer en ‘n private Crestcarehospitaal. Daarbenewens gaan die ontwikkeling ook oor sy eie kantoorgeriewe beskik, naamlik De Zwartland Werk.
Die groottes van die kantoorruimtes wissel tussen 85 m2 en 227 m2. Blik op De Zwartland Voorhuis “De Zwartland Voorhuis bied jou as koper ‘n dinamiese leefstyl met al die geriewe op jou voorstoep,” se Dejane Steyl, hoof van bemarking by Devmark. “Die woonstelle vorm deel van die groter De Zwartland Werfontwikkeling wat 11 ha beslaan, en bied mooi uitsigte op die omliggende omgewing en berge.” Die ontwikkeling bestaan uit 26 wooneenhede. Kopers sal kan kies tussen studio asook een en tweeslaapkamerwoonstelle met balkonne vanaf 31 m2 tot 61 m2. Die verkoopspryse wissel van R795 000 tot R1 500 000.
Al die eenhede kry ook moderne toebehore en gehalteafwerkings. Volgens Steyl is Malmesbury ‘n belangrike sentrum in die Swartland en die WesKaap. “Dit is vinnig besig om gewild te raak danksy die plattelandse leefstyl wat jy daar kry en die sentrale ligging. Die hoe ontwikkelingspotensiaal kan toegeskryf word aan faktore soos die toeganklikheid van die N7pad spoorlyn, die nabyheid aan Kaapstad en die lughawe, en die gediversifiseerde ekonomie wat nie net landbou insluit nie, mar ook goed ontwikkelde nywerheid en kommersiele sektore.” Steyl noem dat De Zwartland Voorhuis beloof om ‘n uitstekende belegging te wees.
“Daar is tans ‘n hoe aanvraag na residensiele woonstelle in Malmesbury en die ligging en leefstyl wat hulle bled, is onoortreflik in die groter Swartlandomgewing.” Sy se die siviele werk is goed aan die gang en die voltooiingsdatum is voorlopig in die tweede helfte van 2024.
Jou kontak: Vir meer inligting oor die ontwikkeling, bel Juanita Blaauw by 082 438 1369 of stuur epos aan info@devmark.co.za. Besoek ook die webwerf by www.dezwartland.co.za.
Publication: Netwerk 24