View 02

Ontwikkeling in Swartland skep werk, lok beleggers

18 December 2021

Ontwikkeling in Swartland skep werk, lok beleggers

Die Swartland-munisipaliteit het Woensdag die eerste stappe gedoen om ‘n multimiljoen­ rand-belegging in die ekonomie van die Swartland te verseker. Luidens ‘n verklaring het die munisipali­ teit ‘n ooreenkoms onderteken met die De Zwartland Werf-ontwikkeling vir die instal­ lering van grootmaat- basiese dienste, waar­ onder elektrisiteitverskaffing, riolering, wa­ terverskaffing en paaie.

“Dit is die eerste stap in ‘n nuwe, belangri­ ke en moderne ontwikkeling in Malmesbury en sluit ‘n nuwe winkelsentrum, kantoor­ ruimte en ‘n private hospitaal in,” se die mu­ nisipaliteit in die verklaring.

Die nuwe ontwikkeling sal langs die Mal­ mesbury-skouterrein wees en sal ‘n trekpleis­ ter vir plaaslike en internasionale handelsna­ me wees wat reeds beplan om hulle hier te kom vestig.

“Die ondertekening van die ooreenkoms en installering van die basiese dienste is die hoogtepunt van gesprekke en onderhande­ lings, wat al amper meer as drie jaar aan die gang is.

“Die ontwikkelaars is reeds op die terrein en is besig met die nodige voorbereiding vir die installering van die siviele dienste wat vroeg in die nuwe jaar sal begin,” lui die ver­ klaring.

Benewens werkgeleenthede wat met die bouwerk geskep sal word, sal ‘n verdere 600 permanente werkgeleenthede ook geskep word. Die oprigting sal in fases geskied en vol­ gens die beplanning sal die onderskeie gerie­ we deur die loop van 2023 voltooi en geopen word.

Jean-Pierre Nortier, verteenwoordiger van die ontwikkelaar, Devmark Eiendomsgroep, het by die ondertekening gese hulle het reeds baie belangstelling gekry van verskeie han­ delsname wat hulle hier wil kom vestig. Harold Cleophas, uitvoerende burgemees­ ter, het die Swartland-munisipaliteit geloof vir die verbintenis tot ‘n skoon en ontwikke­ lingsgerigte plaaslike regering en gese goeie, verantwoordelike regering lok beleggings.

“Die is maar die eerste van vele beleggings in die ekonomie van die Swartland-munisipa­ liteit. Ons wil dit wyd verkondig en beleggers laat weet: Die Swartland is oop vir sake!” se hy. “Die finansiele inspuiting sal ons help om in ons inwoners se basiese behoeftes te voor­ sien en
sal hoop en geleenthede skep wat baie nodig is na die terugslae wat ons met die Co­ vid-19-pandemie
beleef het.”