De Zwartland Werf Breek Grond Vir Fase Een
05 April 2022
DE ZWARTLAND WERF BREEK GROND VIR FASE EEN
Die bekroonde maatskappy Devmark Property Group se splinternuwe De Zwartland Wert het vandeesweek die eerste sooi vir fase een gespit. Die opwindende gemengdegebruiksontwikkeling van R650 miljoen re op die noordelike grens van Malmesbury, langs die Ni en die dorp se Voortrekkerweg.
De Zwartland Werf sal bestaan uit ‘n kleinhandelsentrum, hospitaal, kantoorruimte, deurryrestaurante, ‘n vertoonlokaal en meer. Hein Ehlers, uitvoerende hoof van Devmark, se: “Ons is opgewonde om uiteindelik die eerste sooi vir die siviele dienste te spit. Malmesbury vervul ‘n belangrike stedelike nis in die Swartland en WesKaap. Die hod ontwikkelingspotensiaal daarvan kan toegeskryf word aan faktore soos die relatiewe toeganklikheid langs die N7, nabyheid aan Kaapstad en die gediversifiseerde ekonomiese basis, wat nie net landbou insluit nie, maar ook goed ontwikkelde nywerheids en handelsektore.
” Dit sal die eerste gemengdegebruiksontwikkeling en een van die grootste beleggings in die hele Swartlandomgewing wees. “Malmesbury is die tuiste van ‘n aantal groot maatskappye, sowel as streekkantore van provinsiale en nasionale regeringsdepartemente. De Zwartland Werf sal Malmesbury en die omliggende dorpe ‘n broodnodige ruimte bied om in ‘n pragtige omgewing inkopies te doen, te eet, te werk en te speel,” voeg Ehlers by.
Die bou en bedryfsfase van die projek sal kapitaalinspuitings tot gevolg he wat tot verhoogde ekonomiese aktiwiteit sal lei. Die ontwikkeling is ingestel om meer as 1 100 werksgeleenthede oor die volgende jaar te skep. Ehlers gaan voort: “Ons hoop om die tweede fase teen September vanjaar te begin. Sodra dit voltooi is, bied die ontwikkeling ook De Zwartland Markt, ‘n geriefskleinhandelsentrum, wat ongeveer 65 winkels, dienste, restaurante en vermaak sal behels; De Zwartland Werk, handelsruimtes wat wissel van 40m2 tot 1 500m2; en Samaritan Healthcare, ‘n private hospitaal met 102 beddens en die enigste MRIskandeerder in die hele Swartland en Weskusomgewing.”
‘n Aantal nasionale korporatiewe huurders, waaronder Checkers, Clicks en Toyota, is reeds bevestig. Kleinhandelbesteding in Malmesbury en die onmiddellike opvangsgebied beloop sowat R2,4 miljard per jaar. De Zwartland Wert en spesifiek die kleinhandelsentrum, sal ‘n geleentheid vir mense in Malmesbury en die groter Swartlanddistrik skep om hul inkopies in ‘n moderne en veilige omgewing te doen. Volgens Ehlers is die eiendomsmark nadelig geraak deur die Covidpandemie sowel as die plaaslike regering, wat in baie dele van SuidAfrika wanfunksioneel geword het.
“Ons strategie is om slegs eiendom in die WesKaap te ontwikkel. Ons kies die omgewings noukeurig en fokus op dorpe wat goed bestuur word, aangesien dit op die lange duur tot verbeterde eiendomswaardes sal lei. Dit is hoekom ons op Malmesbury gefokus het. Dit word deurgaans beskou as een van die bes bestuurde munisipaliteite in SuidAfrika,” se hy.
“Malmesbury, met sy 36 000 inwoners, vervul ‘n belangrike rol as die stedelike sentrum van die Swartland. Ons glo De Zwartland Werf bied die drie p’s posisie, posisie, posisie. Dit gaan gewis baie mense se lewe verander. Ons bou vandag ‘n nuwe toekoms! Ons wens ons bouspan alles van die beste toe met die maande se harde werk wat voorle,” sluit Ehlers af:
Besoek De Zwartland by www.dezwartland.co.za of stuur epos na info@devmark.co.za, skakel 021 948 3502 of kontak Bruce Krog, die senior kleinhandelverhuringsbestuurder, by 082 850 6896 of bkrog@eris.co.za.