Retail 02 Option 1A

Jy gehoor? Groot nuwe ontwikkeling kom in Malmesbury

10 April 2022

Jy gehoor? Groot nuwe ontwikkeling kom in Malmesbury
a
Die eerste sooi is reeds gespit vir ‘n nuwe kommersiële ontwikkeling met gemengde gebruik in Malmesbury in die Swartland. De Zwartland Wert  word deur die ontwikkelingsmaatskappy Devmark ontwikkel en die eerste fase is reeds bekend gestel. Die projekwaarde van De Zwartland Werf beloop altesaam R650 miljoen en word aan die noordelike grensvan Malmesbury ontwikkel langs die N7 en die dorp se Voortrekkerweg. Luidens ‘n verklaring wat deur die ontwikkelaar uitgereik is, sal De Zwartland Werf bestaan uit ‘n kleinhandelsentrum, hospitaal, kantoorruimte, deurryrestaurante, ‘n vertoonlokaal en nog baie meer.
.
Hein Ehlers, die uitvoerende hoof van die Devmark Property Group, se hulle is baie opgewonde om met die siviele dienste te begin. “Malmesbury is ‘n belangrike sentrum in die Swartland en WesKaap. Die hoe ontwikkelingspotensiaal daarvan kan toegeskryf word aan faktore soos die relatiewe toeganklikheid daarvan langs die N7, sy nabyheid aan Kaapstad en die dorp se gediversifiseerde ekonomiese basis wat nie net landbou insluit nie, maar ook goed ontwikkelde nywerheids en kommersiele sektore.”
.
De Zwartland Werf sal die eerste ontwikkeling met gemengde gebruik en een van die grootste beleggings in die hele Swartlandomgewing wees, aldus Ehlers. “Malmesbury is die tuiste van ‘n aantal groot maatskappye, sowel as streekkantore van provinsiale en nasionale regeringsdepartemente. De Zwartland Werf sal Malmesbury en die omliggende dorpe ‘n broodnodige ruimte bied om in ‘n pragtige omgewing inkopies te doen, te eet, werk en te speel,” voeg Ehlers by.
.
Die konstruksie en operasionele fase van die projek sal kapitaalinspuitings tot gevolg he wat tot verhoogde ekonomiese aktiwiteit sal lei, meen hy. Die ontwikkeling is ingestel om meer as 1 100 werksgeleenthede oor die volgende jaar te skep. “Ons hoop om die tweede fase teen September vanjaar te begin. Sodra dit voltooi is, sal die ontwikkeling oor De Zwartland Markt beskik, ‘n kleinhandelsentrum met altesaam 65 winkels, dienste, restaurante en ander vermaak.”
.
Die ontwikkeling gaan ook oor kommersiele ruimtes en ‘n private hospitaal beskik. ‘n Aantal nasionale korporatiewe huurders, waaronder Checkers, Clicks en Toyota, is ook reeds bevestig. Die kommersiële komponent van die ontwikkeling gaan uit onder meer woonstelle bestaan. “Malmesbury, met sy 36 000 inwoners, vervul ‘n belangrike rol as die sentrum van die Swartland. Ons glo De Zwartland Werf bied die drie p’s posisie, posisie, posisie,” se Ehlers luidens die verklaring. “Dit gaan beslis baie mense se lewens verander. Ons bou vandag ‘n nuwe toekoms. Ons wens ons konstruksiespan alles van die beste toe met die maande se harde werk wat voorle.”
.
Vir meer inligting oor De Zwartland Werf, besoek www.dezwartland.co.za of kontak info@devmark.co.za of skakel 021 948 3502. Bruce Krog is die senior kleinhandelverhuringsbestuurder en kan op 082 850 6896 of by bkrog@eris.co.za bereik word.