DSC_8191

Malmesbury Kry Groot Ekonomiese Hupstoot

29 March 2022

Van links staan Joggie Scholtz die munisipale bestuurder van die Swartlandmunisipaliteit , Hein Ehlers die uitvoerende hoof van Devmarkeiendomsgroep , Eduan van Rooyen besturende direkteur: Devmark Construction , Herold Cleophas burgemeester van die Swartlandmunisipaliteit , Tijmen van Essen burgemeesterskomiteelid en Eli Strydom kontrakbestuurder: Devmark Construction. Foto: Charlotte Lesch 

 

Malmesbury kry groot ekonomiese hupstoot 

 

Die lang verwagte sooispitgeleentheid van De Zwartland Werf in Malmesbury het die afgelope Vrydag op die perseel waar die ontwikkeling gaan kom, plaasgevind. De Zwartland Werf is ‘n trotse ontwikkeling deur die Devmarkeiendomsgroep langs die N7snelweg en die plaaslike landbouskouterrein. Die ontwikkeling sluit nie net ‘n winkelsentrum in nie, maar ook woonstel en kantoorruimte, ‘n plaaslike motorhandelaar se vertoonlokaal en ‘n private hospitaal in.

Hein Ehlers, stigter en uitvoerende hoof van die Devmarkeiendomsgroep en ander lede het die spesiale geleentheid saam met die Swartlandmunisipaliteit se uitvoerende burgemeester, Herold Cleophas, sowel as Tijmen van Essen, ‘n burgemeesterskomiteelid, Joggle Scholtz, die munisipale bestuurder en ander amptenare bygewoon. Die span van die plaaslike Toyotamotorhandelaar en ander betrokkenes by die ontwikkeling was ook teenwoordig om die geleentheid te vier.

Ehlers het die span van die Swartlandmunisipaliteit geloof vir hul puik samewerking en hulle bedank vir hul professionaliteit en harde werk. Cleophas het op sy beurt gese ‘n sterk ekonomiese ontwikkeling huisves sterk en gesonde gemeenskappe en dit is daarom belangrik om nuwe ontwikkeling na die omgewing te bk.

“Swartland must be your destination of choice. Dit is die plek om te woon, te werk en te floreer.” Hy het die eiendomsgroep bedank vir die ekonomiese inspuiting wat hulle na Malmesbury bring. Grondverskuiwings is reeds op die perseel aan die gang, terwyl bouwerk later vanjaar sal begin.