Netwerk24 | Nuwe Ontwikkeling Vir Gemengde Gebruik Op Pad
09 August 2022
Die bekroonde Devmark Property Group se splinternuwe De Zwartland Werf het die eerste sooi vir fase een in Maart 2022 gespit. Die opwindende gemengdegebruiksontwikkeling, wat R650 miljoen kos, is op die noordelike grens van Malmesbury, tangs die N7 en die dorp se Voortrekkerweg. Die De Zwartland Werfontwikkeling sal bestaan uit ‘n winkelsentrum, hospitaal, kantoorruimte, restaurante, koffiewinkels, deurryrestaurante, ander vermaaklikhede, ‘n vertoonlokaal en meer. Die kantoorruimte, wat bekend sal wees as De Zwartland Werk, het toegang tot at die fasiliteite, asook veilige parkering en ontspannende buiteluggebiede.
Die grootte van die kantore by De Zwartland Werk wissel van 91 m2 tot 440m2 en is tans beskikbaar am te koop vanaf R2 890 000. Die kantoorruimte het uitsonderlike uitsigte oor die omliggende berge en landskap van die Swartland. Malmesbury vervul ‘n belangrike stedelike nis in die Swartland en WesKaap. Die hoe ontwikkelingspotensiaal daarvan kan toegeskryf word aan faktore soos die relatiewe toeganklikheid langs die N7, nabyheid aan Kaapstad en gediversifiseerde ekonomiese basis, wat nie net landbou insluit nie, maar ook goed ontwikkelde nywerheids en kommersiele sektore. De Zwartland Werf sal die eerste gemengdegebruiksontwikkeling en een van die grootste beleggings in die hele Swartlandomgewing wees. De Zwartland Werf sal Malmesbury en die omliggende dorpe ‘n broodnodige ruimte bled am in ‘n pragtige omgewing inkopies te doen, te eet, te werk en te speel.
Die tweede fase sal teen ongeveer September vanjaar begin. Sodra dit voltooi is, bled die ontwikkeling, wat De Zwartland Markt genoem word, ‘n geriefskleinhandelsentrum wat uit ongeveer 65 winkels, dienste, restaurante en vermaak sal bestaan. ‘n Aantal nasionale korporatiewe huurders, waaronder Checkers, Clicks en Toyota, is reeds bevestig. Kleinhandelbesteding in Malmesbury en die onmiddellike opvangsgebied beloop sowat R2,4 miljard per jaar.
De Zwartland Werf, en spesifiek die kleinhandelsentrum, sal ‘n geleentheid skep vir mense in Malmesbury en die groter Swartlanddistrik am hul inkopies in ‘n moderne en veilige omgewing te doen. Volgens Ehlers, die uitvoerende hoof van Devmark Property Group, is die eiendomsmark nadelig geraak deur sowel die Covidpandemie as die plaaslike regering, wat in baie dele van SuidAfrika wanfunksioneel geword het. “Ons strategie is om slegs eiendom in die WesKaap te ontwikkel. Ons kies die gebiede noukeurig en fokus op dorpe wat goed bestuur word, aangesien dit op die Lange duur tot verbeterde eiendomswaardes sal lei. Dit is hoekom ons op Malmesbury gefokus het. Dit word deurgaans beskou as een van die bes bestuurde munisipaliteite in SuidAfrika.” “Malmesbury, met 36 000 inwoners, vervul ‘n belangrike rol as die stedelike sentrum van die Swartland. Ons glo De Zwartland Werf bied die drie p’s posisie, posisie, posisie. Dit gaan gewis baie mense se lewe verander. Ons bou vandag ‘n nuwe toekoms!
Besoek De Zwartland by www.dezwartland.co.za; kontak info@devmark.co.za of 021 948 3502.
https://www.netwerk24.com/netwerk24/za/gazette/nuus/nuwe-ontwikkeling-vir-gemengde-gebruik-op-pad-20220808-2